Vian Singleton se naam beteken “vol lewe” en sy voorliefde vir toneelspel het posgevat op die ouderdom van vier jaar toe hy gekies is om n beroemde Suid Afrikaanse nuusleser te speel in sy kleuterskoolkonsert.  Hy het die rol van Vian Cruywagen sy eie gemaak.  Hy is tans n trotse graad 6 leerling aan die Laerskool Midvaal in sy tuisdorp Meyerton.  Vian het op negejarige ouderdom aan n talentkompetisie in Los Angeles deelgeneem waar hy as Junior Akteur van die Jaar en - Model van die Jaar aangewys is.  Hy het hier as wenner van 11 kategoriee uit die stryd getree.  Terug in Suid Afrika het hy saam Protea krieketspelers Abe De Villiers, Hashim Amla en ander spelers gewerk aan sy eerste televisie advertensie vir Sunfoil.  Dit is gevolg deur sy eerste filmrol in die bosoorlogsdrama, My Father’s War, waar hy die rol van jong Dap vertolk het.  Meer onlangs het hy as n jong seun n verskyning gemaak in die internasionale rolrent Resident Evil.  Vian glo in n gebalanseerde leefstyl en is ook n kranige atleet, rugbyspeler en het Laerskool Midvaal reeds twee keer by die Nasionale ATKV redenaarskompetisie verteenwoordig.  Sy slagspreek is as volg: “It’s nice to be cool….but it’s much cooler to be nice” en dan ook Dwayne Johnson se…”Wees nederig, honger vir sukses en wees altyd die hardste werker in die vertrek”.