Phillru van Achterbergh het drama aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en is ook musikant – hy is tans deel van die groep Rembrandt van Rijn.  Die verhoog is vir hom egter ‘n bekende plek, en het hy in 2002 as klein seuntjie in die stuk Horings gespeel, wat in daardie jaar by die KKNK op die planke was.  Phillru het by TUT vier toekennings ontvang tydens die Universiteit se Rostrum Roulette-fees, waaronder die groot toekenning as Akteur van die Jaar.  Hy herhaal die sege ook en ontvang die TUT Department van Uitvoerende Kunste se toekenning as die algehele beste speler in die department.  Phillru is deel van die alternatiewe Afrikaanse musiekduo Rembrandt van Rijn, en het die rol van Boris vertolk in My Boetie se Boetie se Boetie se Baba in 2015.  Die vorige jaar was hy ook te sien in My Boetie se Sussie se Ou en het verlede jaar die flambojante Bobby vertolk in Lefra se Daa’ Gaat die Bruid!  In 2016 was hy ook te sien in die Staatsteater se produksie van Porselein onder regie van Quintin Wills.  Phillru het twee nominasies onvtnag in verlede jaar se Broadwayworld south Africa-teatertoeknnings: as beste manlike byspeler vir Daa’ Gaat die Bruid!~, en beste manlike speler in Porselein.