Paul Lückhoff is veral bekend vir sy rol as Wimpie in die sepie Binnelanders.  Op die verhoog word hy veral onthou as Saul in Dalene Matthee se Kringe in ‘n Bos, en het die rol op die verhoog vir bykans nege jaar vertolk.  Paul het ook die rol van Elias van Rooyen in Lefra se 2007 verhoogweergawe van Fiela se Kind vertolk.  Hy wou as kind nooit akteur word nie, maar nadat hy aan ‘n beroepsbegeleier tydens sy diensplig genoem het dat hy graag wil “stront praat oor die radio”, het die hom aangeraai om drama te gaan studeer.  Sedertdien was hy in meer verhoogstukke as wat hy kan tel, ook in kinder en jeugteater.  Hy was onder andere te sien as Speuder Davenport in Lefra se 2013 klug, My Vrou se Man se Lyk se Tas, en as Herman Charles Bosman se ikoniese Oom Schalk Lourens in Oom Schalk Lourens se Mampoerstories.  Televisiekykers herken hom steeds as die kultusleier Menasse van Egoli, en sy rol as Pop in die rolprentweergawe van Triomf is een wat vir hom besonders na aan die hart lê.