Nardus van der Vyver is n bekende in die teater- en onderwyskringe. Na n B.Com-graad en ‘n HOD (nagraads) by die Universiteit van Pretoria, het Nardus ‘n kursus gedoen by die huidige Performing Arts Lifestyle Institute, onder leiding van Shareen Swart voordat hy die onderwys betree het.  Nardus skryf verskeie toneelstukke, monoloë, gedigte en prosawerke wat tans wyd opgevoer word in Suid-Afrika onder dramaleerders.  Self is Nardus heel tuis in die teater en was onder andere deel van Houtkruis, The Musical en Vlug 365.  Nardus is gereeld te sien in televisie-advertensies en was ook in 7e Laan te sien as Calvin.  Hy tree ook gereeld op as afrigter vir televisie-advertensies waar kinders op tree.