Marissa Claasen is ‘n 26 jarige aktrise en musikant.  Sy het haar B-tech Graad in Drama in 2013 aan die Tshwane Universiteit van Tegnonolie behaal, waar sy verskeie komiese en ernstige rolle in universiteitsproduksies vertolk het, waaronder die rol van Eliza Doolittle in George Bernard Shaw se Pygmalion vir haar ‘n hoogtepunt was.  Tydens haar studies ontvang sy ook twee nominasies as beste aktrise.  Sedert 2014 was sy deel van vele kinderteater produksies, en het talle rolle in Lefra se kinderproduksie, Liewe Heksie, vertolk.  In 2015 was sy aanbieder van die kookprogram, Agter die lekker aan.  Sy speel ook gereeld in die Tjiff en Tjaff verhoogproduksies.  Marissa was verlede jaar te sien in Lefra se Daa’ Gaat die Bruid!, waar sy ingestaan het vir die rol van die bruid, Judy, eh haar debuut in die professionele teaterwêreld gemaak het.  Marissa vertolk die rol van die volwasse Nina in Fiela se Kind, en hoop om haar veelsydigheid in die teater te bewys en haar loopbaan in die musiekbedryf te bevorder.