Marilise van Wyk is 'n 22-jarige opkomende akteur en skrywer.  Sy is passievol oor die kunste en glo dat teater 'n belanglike instrument in die gemeentskap is om veral sosio-ekonomiese kwessies aan te pak.  Marilise voltooi haar BA Drama en Teater-graad in 2015 aan die Universiteit van die Vrystaat.  Gedurende haar studies vertolk sy verskeie hoofrolle in Agt Vroue, Ons Dorp, 'n Midsomersnagdroom en die rolprent Katrina. Sy debuteer in samewerking met ander kunstenaars in Stof - 'n eksperimentele fisiese teaterstuk by die Vrystaatkunstefees in 2016. Marilise vertolk Emma, en ander rolle in Fiela se Kind.