Jaime du Toit is gebore en getoë duskant die oewer van die Vaalrivier, in Vereeniging.  Maar daar is egter niks vaal aan hierdie splinternuwe aktrise nie! Sy is 'n graad vier leerling aan Laerskool Vryheidsmonument en is baie opgewonde om haar debuutverskyning op die verhoog as klein Nina te maak. Jaime neem reeds vanaf Graad R drama klasse by die Sonja Myburgh Dramaskool en behaal jaar na jaar groot suksesse by die Del Arte Kunstefees.  Sy het ook 'n ATKV-toekenning ontvang vir die uitvoering van haar Afrikaanse poësie stuk.  Jaime is 'n kranige netbalspeler en is gaande oor Afrikaanse flieks, musiek en somtyds selfs haar boetie!  Jaime hoop dat hierdie produksie vir haar 'n eerste van vele sal wees.