Graigan Swartz is ‘n hardwerkende 14-jarige leerling aan die Hoërskool Hugenote, Springs, en is tans in Graad 9.  Hy het groot geword op Noupoort, maar het die Noord-Kaap vyf jaar gelede verruil vir Gauteng.  Graigan is ‘n lewenslustige sportman met n voorliefde vir atletiek en rugby.  Hy is ook versot op perdry.  Hy is vreeslik opgewonde om die rol van Tollie Komoetie in Fiela se Kind te vertolk en het die geleentheid met albei hande aangegryp.  Teaterwerk bring n nuwe uitdaging vir hierdie jong akteur, maar met hierdie uitdaging is daar ook die geleentheid om van ervare akteurs te leer.