Die talentvolle aktrise en sangeres Edrien Erasmus begin in 2002 opvoerings doen onder die naam E3n en stel twee solo albums vry, Big Ben en Huisie innie Stad.  In 2008 & 2009 is sy deel die koorgeselskap van Add LIfe Produksies se Houtkruis, die Musical en is in dieselfde tyd te sien in Deon Opperman se Ons Vir Jou.  Televisiekykers sal haar onthou as die sekretarese Yvette in Sewende Laan.  Van haar ander rolle sluit in Ragel in die musiekblyspel Esther in 2011, Mrs. Chamberlain in die derde speelvak van Ons Vir Jou en ‘n verskyning Lied Van My Hart.  Sy doen in haar vrye tyd Poppeteater en 2011 vorm sy deel van die kinderteatergeselskap Boek Buddies.  In 2010 slaag sy haar Graad 8 "Rock School" eksamen deur Trinity College met lof, en het ook in 2011 haar Graad 8 in Opera met lof geslaag.  Sy het verlede jaar die rol van Ursula Ackerman vertolk in Lefra se klug Daa’ Gaat die Bruid! en was ook te sien as Dina de Klerk, ma van Sampie en Marieda in Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls.