Divan Prinsloo is tans ‘n leerling by die Hoërskool Hugenote in Springs.  Volgens sy onderwysers, is Divan ‘n baie gedissiplineerde leerling wat altyd sy beste gee in wat hy aanpak.  Hy is ‘n kranige sportman, en was deel van die 0/15 rugbyspan wat in die finale van die Valke Rugby-liga gespeel het, en het ook deurgedring het na die Beeld Trofee.  Divan het van ‘n klein seuntjie, wat te lui was om sy woorde te leer, reeds gehore (en sy drama onderwyseres!) keer op keer verstom met die lewe wat hy aan ‘n karakter kon gee. Divan was nog altyd ewe tuis op die rugbyveld en die verhoog en met sy ongelooflike talent om op sy voete te kan dink en te improviseer, kon hy dit nog altyd regkry om enige karakter by gehore aanklank te laat vind, van ‘n boelie tot die skool nerd!